Hammoerabi

Hammoerabi
Koning van Babilon
Die bopunt van die stela van die regskode van Hammoerabi
Die bopunt van die stela van die regskode van Hammoerabi
Regeer 1792 v.C.-1750 v.C. [1]
Gebore c. 1792 v.C.; Babilon
Oorlede 1750 v.C.; Babilon
Voorganger Sin-Moeballit
Opvolger Samsoe-iloena
Kinders Samsoe-iloena

Hammoerabi (Akkadies, afgelei van Amorities ˤAmmoerāpi, "die bloedverwant is 'n geneser," van ˤAmmoe, "voorvaderlike bloedverwant," en Rāpi, "geneser") was die sesde koning van Babilon, van 1792 v.C. tot met sy dood omstreeks 1750 v.C..[2] Na die abdikasie van sy vader, Sin-Moeballit, het hy die eerste koning van die Babiloniese ryk geword deurdat hy Babiloniese beheer in Mesopotamië uitgebrei het deur 'n reeks oorloë teen aangrensende koninkryke.[3] Hoewel sy magsfeer ten tyde van sy dood die hele Mesopotamië ingesluit het, kon sy opvolgers nie die ryk in stand hou nie.

Hammoerabi is bekend vir 'n stel wette, die Kode van Hammoerabi, wat een van die eerste geskrewe siviele regskodes in die opgetekende geskiedenis is. Hierdie wette is bewaar op 'n kliptablet van sowat 2,4 meter hoog wat in 1901 ontdek is. Danksy sy moderne reputasie as wetgewer word Hammoerabi se portret in baie regeringsgeboue dwarsoor die wêreld aangetref.

  1. In hoë middelste chronologie, sien Venus-tablet van Ammisaduqa
  2. kyk Arnold 2006, p. vii. Sy geboortedatum is onbekend, kyk byvoorbeeld, Van de Mieroop 2005, p. 1.
  3. Beck, Roger B.; Black, Linda; Krieger, Larry S.; Naylor, Phillip C.; Shabaka,, Dahia Ibo (1999). World History: Patterns of Interaction. Evanston, IL: McDougal Littell. ISBN 0-395-87274-X. OCLC 39762695.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search